Opus Dei

Opus Dei
’n Seël van Opus Dei.
’n Seël van Opus Dei.
Gestig 2 Oktober 1928
Soort instelling Persoonlike prilaatskap
Doel Die verspreiding van die idee dat enigiemand heilig kan word
Hoofkwartier Rome, Italië
Streek gedien Hele wêreld
Lede 94 776 (2016)[1]
Titel van leier Prelaat
Huidige prelaat Fernando Ocáriz Braña
Moederorganisasie Rooms-Katolieke Kerk
Webtuiste opusdei.org

Opus Dei, amptelik bekend as Die Prelaatskap van die Heilige Kruis en Opus Dei (Engels: The Prelature of the Holy Cross and Opus Dei; Latyn: Praelatura Sanctae Crucis et Operis Dei), is ’n instelling van die Rooms-Katolieke Kerk wat leer almal kan heilig word en dat die gewone lewe ’n weg na heiligheid is.[2][3] Die meeste lede is niegeestelikes; die res is niekloosterlike priesters onder leiding van ’n kerkvoog of prelaat wat deur spesifieke lede gekies en deur die pous aangestel word.[4] Opus Dei is Latyn vir "Werk van God" en lede verwys dikwels na die organisasie as "die Werk".[5][6]

Opus Dei is in 1928 in Spanje gestig deur die Katolieke heilige en priester Josemaría Escrivá, en het in 1950 die goedkeuring van die Katolieke Kerk gekry deur middel van pous Pius XII.[7] Pous Johannes Paulus II het dit in 1982 ’n persoonlike prelaatskap gemaak deur die Apostoliese konstitusie Ut sit; dus dek die jurisdiksie van sy eie biskop, eerder as geografiese bisdomme, die persone in Opus Dei waar hulle ook al is.[7]

In 2016 het die prelaatskap 94 776 lede gehad: 92 667 niekerkliks en 2 109 priesters.[1] Dit sluit die bisdomlike priesters uit wat lid is van Opus Dei se Priestergenootskap van die Heilige Kruis, wat in 2005 sowat 2 000 lede gehad het.[8] Daar is Opus Dei-lede in meer as 90 lande.[9] Sowat 70% lede van die lede woon in privaat huise en lei ’n tradisionele Katolieke gesinslewe met ’n sekulêre loopbaan,[10][11] terwyl die res selibaat is en hoofsaaklik in Opus Dei-sentrums woon. Benewens hul persoonlike welsynwerk organiseer Opus Dei-lede opleiding in Katolieke spiritualiteit soos toegepas op die alledaagse lewe; lede is betrokke by die bestuur van universiteite, universiteitswonings, skole, uitgewers, hospitale en tegniese en landbou-opleidingsentrums.

  1. 1,0 1,1 Cheney, David M. "Opus Dei (Personal Prelature) [Catholic-Hierarchy]" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 November 2019. Besoek op 11 Desember 2016.
  2. Pope John Paul II. "Apostolic Constitution Ut Sit, Establishing Opus Dei as the first Personal Prelature of the Catholic Church" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Junie 2019. Besoek op 27 November 2006.
  3. "Address of John Paul II in Praise of St. Josemaría, Founder of Opus Dei" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Junie 2013. Besoek op 8 Junie 2007.
  4. Upon whom does the prelate of Opus Dei depend? Who appoints him? Opus Dei website.
  5. "Decoding secret world of Opus Dei". BBC News (in Engels). 16 September 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Januarie 2020. Besoek op 27 November 2006.
  6. Bill Tammeus (19 Oktober 2005). "Bishop confirms connection to group". Kansas City Star.
  7. 7,0 7,1 Peter Berglar (1994). "Opus Dei: Life and Works of its Founder". EWTN (in Maleis). Scepter. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 29 Maart 2008.
  8. John Allen (2005). Opus Dei: An Objective Look Behind the Myths and Reality of the Most Controversial Force in the Catholic Church. Doubleday Religion. ISBN 0-385-51449-2.
  9. "Opus Dei to produce Italian cartoon and mini-series on St. Josemaria Escriva" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Januarie 2016. Besoek op 11 Desember 2016.
  10. "Opus Dei". BBC Religion and Ethics (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Oktober 2019. Besoek op 27 November 2006.
  11. Terry Mattingly. "'Da Vinci Code' mania opened up Opus Dei". Alburquerque Tribune. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2007. Besoek op 2 April 2007.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search